Ek is so bly ek kan hierdie foto’s met julle deel. Anika was regtig een van die mooiste bruide wat ons nog hierdie jaar afgeneem het. Sy het geskitter soos ‘n diamant en was ‘n absolute fees om af te neem. Armand is hierdie gentle giant en Anika is die kleine petite mensie – volgmaak vir mekaar geskape. Ek het Armand en Anika ‘n hele paar jaar gelede ontmoet op ‘n troue wat ek afgeneem het (Cielie en Peet onthou julle nog?) en so het ons dan ook ‘n paadjie begin saamstap. Ek geniet dit altyd om ‘n troue af te neem en daar is bekende gesigte – it feels like coming home!! Ek wens hierdie 2 pragtige mense vreugde, voorspoed en geluk vir hul toekoms saam. B Spesiale dankie: #Second Shooter – Lizel Stephan

Anika en Armand Huweliksherdenking Fotosessie

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *