Hierdie was een van daardie troues waaroor ek uit my nate kon bars van opgewondenheid.

Pragtige venue, wonderlike paartjie, gasvrye familie en die perfekte sonskyn dag met net genoeg wolkies in die lug om die fotos mooi sag en perfek te maak.

Alles was mooi en perfek vandat ons daar aangekom het – tot ons daar weg is (al moes hulle ons amper vra om te loop toe ons ‘n uur oor ons tyd nog aan die speel was).

Johan en Ilse is die mooiste mensies en ek weet hulle gaan ‘n leeftyd van geluk saam hê.

Baie dankie vir jul gasvryheid.

Spesiale dankie van my kant aan:
Lizel Stephan​ die beste second shooter ooit
JP Crouch​ videografie
Réniell Matthysen​ 2de videograaf
Langkloof Roses Estate​ – wonderlikste venue met die vriendelikste personeel


Johan en Ilse

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *