CRAZY BEAUTIFUL LOVE!!!

Dit is wraggies die beste manier hoe ek hierdie troue kan beskryf.

Dit was een van daardie onbeplande troues wat op nommer 99 ingekom het. Ons het nog nie eers die bruidspaar ontmoet of met hul gesels voor die dag van hul troue nie.

Wow en toe ons uiteindelik die familie ontmoet – WOW!!

Johan en Lorinda, julle het ons voete onder ons uitgeslaan. Erna, dankie ook vir jul gasvryheid. Tannie Bobby jy is pragtig!!

Ek het nog nooit in my lewe so baie gelag op ‘n troue nie, die seremonie was soos geen ander en die romantiese fotosessie was ‘n absolute avontuur – veral toe ons aanhou neem het in die reën!!

Selfs julle hondekinders het die dag net soveel meer spesiaal gemaak.

Your Rock!!

Ongelukkig was ons net vir 4 ure by hierdie intieme troue, maar sou die hele dag bly net om te kon deel in die pure genot.

Ek sal hierdie dag nooit vergeet nie. Baie dankie.

“Being deeply loved by someone gives you strength, while loving someone deeply gives you courage.”
— Lao Tzu

Second Shooter Bertus Meyer​

 

Johan en Lorinda
Tagged on:                                                                                                                                                                     

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *