Hierdie tweetjies het die knoop deurgehaak by die pragtige Gabrielskloof in Botrivier. Ons het eers ‘n draai gemaak by die manne by Arabella Hotel & Spa in Hermanus en ons het so lekker gelag, hulle was heel laf en opgewonde vir die dag wat voorlê. By die bruid se gastehuis was dit soos ‘n warrelwind van strooimeisies en kindertjies wat opgetooi word. Dit was die perfekte dag, die seremonie was pragtig en van waar ek gestaan het kon ek die mammas mooi sien traantjies pik – selfs Deidre so ogies het geblink. Dit is mos die oomlike wat vir my die mooiste is, daardie emosie in die oomlik. Ons fotosessie is maar wat ‘n mens kon verwag – WONDERLIK!!! So ‘n pragtige omgewing en beeldskone bruidspaar en gevolg, hoe dan nou anders. Deidre en Wouter my gebed vir julle is dat julle ‘n baie gelukkige en geseende huwelik sal hê. Dat julle elke dag net liewer sal word vir mekaar. Dat voorspoed en geluk jul sal volg vir die res van julle lewe. Baie dankie dat ek kon deel in julle liefde, al was dit net vir die dag! Liefde BE BernadetteDippenaar Lizel Stephan Beste second shooter in die wêreld! Dress: https://www.facebook.com/alanafashionbridal/?pnref=lhc

Wouter en Deidre Lombard

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *