‘n Week voor hierdie sprokiestroue het ek uitgevind dit gaan uitgesaai word op Mnet televisie kanaal ‘Sakpas troues’.  Nodeloos om te sê, was die opwinding hoog.  

Dit was ‘n reuse voorreg om deel te wees van Hendrik en Angelique se groot dag.

Ek moet erken dit was nogal ‘n warrelwind ervaring met televisie kameras oral.  

En so ook was ek oorweldig van vreugde om te hoor dat Hendrik en Angelique Sakpas Troues se kompetisie wenners was.

Dit was ‘n reuse voorreg om te kon geskiedenis maak saam met Hendrik en Angelique en die Sakpas Troues span van Kyk Net TV.

Hendrik en Angelique het die knoop deurgehaak by Lewende Woord Cape Gate, waar Hendrik en Angelique beide jeugwerkers is en Pastoor JC van Rooyen het die mooiste boodskap gelewer.

1 Kor 13 vers 13: En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!

Uitsending: https://sakpastroues.co.za/

Venue: http://lwkaap.info/?fbclid=IwAR2FWUInvJadInDjVgoFHfN9osEJcw5_Zm8gU3honNeR3xVGAx2kKeTTzdY

Pin It on Pinterest

Share This